Sagarias Ursinus | |
---|---|
Gebore | Sagarias Baer 18 Julie 1534 |
Sterf | 6 Mei 1583 (op 48) Neustadt an der Weinstraße, Keurvorstedom Palts in die Heilige Romeinse Ryk
(nou Duitsland) |
Nasionaliteit | Duits |
Beroep | Teoloog/Professor |
Bekend vir | Heidelbergse Kategismus |
Sagarias Ursinus (18 Julie 1534 – 6 Mei 1583) was 'n Duitse Gerformeerde teoloog en Protestant hervormer, gebore Sagarias Baer in Breslau (nou Wrocław, Pole), soos baie ander in die 16de eeu, het hy sy naam gelatiniseer, Ursus beteken "beer". Hy was die hoofteoloog van die Gereformeerde Protestante beweging in die Keurvorstedom Palts en het beide aan die Universiteit van Heidelberg en die Wysheidskollege (Collegium Sapientiae) gedien. Hy is veral bekend vir sy werk aan die Heidelbergse Kategismus(1563).[1]
Ursinus was ’n breed-georiënteerde teoloog en die gedagtegang van Calvyn, Melanchton en Bullinger was onder andere by hom te vind. Op ’n vroeëre stadium was Ursinus betrokke by die opstel van die sogenaamde Groot en Klein Kategismus.[2]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search